LAERSKOOL GOEDEHOOP SPOG MET PUIK AKADEMIESE STANDAARDE:

Hoekom deelneem aan Conquesta?


Die media is gedurig besig om die swak akademiese standaarde van skole uit te basuin.  Daar is nagenoeg 25 000 laer- en hoërskole in die land. Ongeveer 1500 is vorige Model C-skole.  In die verlede was standaarde intern tydens skoolbesoeke deur inspekteurs van onderwys bepaal, wat nie meer die geval is nie.  Skole is gedurig op soek na maniere om die akademiese standaard te meet, te vergelyk en te verbeter.

Wat is Conquesta?

Conquesta Olimpiade is ‘n Nasionale kompetisie tussen 1200 deelnemende skole in Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Doelwit van Conquesta Olimpiade:

Die doel is om deur ‘n objektiewe eksterne eksamen die akademiese standaarde van Gr 1 tot Gr 7 in hoofvakke te bepaal en indien moontlik op die Top 20 uit 1200 te eindig, wat die top 1 % verteenwoordig.


GOEDEHOOP

(017) 634 7722

goedehoopskool@mweb.co.za   

Secunda Mpumalanga 2302 za

Hou in gedagte die Top 20 uit 1200 skole verteenwoordig die boonste 1% van skole.

Vir 'n volledige lys van skole besoek gerus:  www.conquestaolympiads.com

Die Gevolgtrekking:

Laerskool Goedehoop mag dus spog met puik akademiese standaarde wat objektief en ekstern gemeet is.  Hartlik geluk aan ons leerders en personeel met hierdie besondere toekenning.  WEL GEDAAN!!

Conquesta