Missie van die Ekspo

Die Ekspo se missie is om jong wetenskaplikes te bevorder wat in staat is om 'n probleem te identifiseer, informasie te analiseer, 'n oplossing vir die probleem te identifiseer en die oplossing effektief te kan terugvoer!

Eskom Ekspo Vir Jong Wetenskaplikes is 'n kans wat die leerder ontvang om sy of haar projek oor hulle eie wetenskaplike ontdekkings, vir ander te wys!

Inskrywing

Leerders kan hulle eie individuele projek inskryf of 'n maksimum van twee leerders kan saam werk aan 'n projek. Daar is 25 verskillende kategorieë waarin 'n projek geakkommodeer kan word. Leerders moet die taak voltooi op hulle eie, hulp mag verkry word van die ouers en onderwysers. Gr 6 en Gr 7 kan inskryf.

EKSPO
Megan van Schalkwyk, Ané Botha, Ulindi de Vos, Carla Stoltz en Ruan van der Merwe het aan die Wetenskap Expo deelgeneem in die kategorie Gesondheid.

Ulindi de Vos en Megan van Schalkwyk (groep) - Silwer
Ruan vander Merwe - Brons

Expo


GOEDEHOOP

(017) 634 7722

goedehoopskool@mweb.co.za   

Secunda Mpumalanga 2302 za