Leeslaboratorium

Die rekenaar sentrum word gedurende skoolure gebruik as ‘n Leeslaboratorium, wat gebruik maak van die Cami Taal- en Leesstelsel, Cami Perseptuele- vaardighede asook Reading Rocket Taal- en Leesstelsel.

Cami Perseptuele vaardighede word gebruik deur alle leerders van Gr 0 – 1.  Hier oefen leerders verskeie perseptuele vaardighede deur middel van ‘n rekenaar. Die ontwikkeling van perseptuele vaardighede kan in alle vorme van leer voorkom: Visuele persepsie, Ouditiewe diskriminasie, Ouditiewe geheue, Hand-oog-koördinasie, Dominansie, Kruising van die middellyn, Voorgrond-agtergrond, Vormpersepsie, Ruimtelike persepsie. 

Cami Afrikaans Taal- en Leesstelsel word gebruik deur alle leerders vanaf   Gr 2 – 3.  Die program verbeter leesspoed en bevorder lees met begrip. 

Reading Rocket Engels Taal- en Leesstelsel word deur alle leerders gebruik vanaf Gr 4 – 7.  Die program verbeter leesspoed, bevorder lees met begrip, verbetering in spelling en toename in leervaardighede.

In Cami Afrikaans Taal- en Leesstelsel en Reading Rocket Engels Taal- en Leesstelsel is daar geheue-oefeninge wat leerders doen asook oogspanoefeninge.  Hierdie oefeninge help met die ontwikkeling van die oogspiere. Taalleer, spelling en woordeskat-uitbreiding kry ook aandag en daar is selfs woordspeletjies om dit interessant te hou.

Daar is tans 35 rekenaars in die sentrum met die nuutste Cami en Reading Rocket sagteware.

‘n Volledige verslag word aan die einde van elke kwartaal saam met die leerder se rapport uitgegee van alle oefeninge wat hy/sy in die leeslaboratorium gedoen het.

‘n Tikkie Geskiedenis

In 2005 het die Leeslaboratorium sy deure geopen, weereens was Laerskool Goedehoop die voorloper in die Hoëveld.

Die idee om ‘n Leeslaboratorium te open het ontstaan toe ons personeel ‘n behoefte geïdentifiseer het om leerders se leesspoed en begripslees te verbeter.

Hierdie sentrum word gebruik deur alle leerders van Gr 0 – 7, gedurende voorafbepaalde periodes wat in hulle roosters ingewerk is.


GOEDEHOOP

(017) 634 7722

goedehoopskool@mweb.co.za   

Secunda Mpumalanga 2302 za