Rekenaarsentrum


GOEDEHOOP

(017) 634 7722

goedehoopskool@mweb.co.za   

Secunda Mpumalanga 2302 za

In die middae na skool word daar basiese rekenaarklasse aangebied vir Gr 00 – 7 teen R 400.00 per kwartaal.  Hier word u kind meer geleer van wat ‘n rekenaar is en waaruit ‘n rekenaar bestaan.

Wat gaan vir u kind geleer word:

Graad 00 – 1

Basiese rekenaarvaardighede word aangebied volgens u kind se kennisvlak en ontwikkelingsvlak.

Ons gaan kyk na:

Hoe lyk ‘n rekenaar?
Hoe werk ‘n rekenaar?
Basiese Ergonomie (reg sit, gereëlde rusperiodes, ens.)
Basiese vaardighede (muis en sleutelbord)
Perseptuele vaardighede word ontwikkel deur middel van:
Kleure, Vorms
Geheue oefeninge
Syfervaardighede
Kreatiwiteit

Graad 2

Kwartaal 1:

Basiese Ergonomie (reg sit, gereëlde rusperiodes, ens.)
Microsoft Paint (uitgestrek oor die kwartaal)
Vingers op sleutelbord (basiese tikvaardighede)

Kwartaal 2:

Leer Word ken (beginner)

Kwartaal 3:

Leer Excel ken (beginner)

Kwartaal 4:

Leer Power Point ken (beginner)

Algemeen per program

Oop en toe maak
"Save" van dokument
Wat kan jy als in die program doen / maak.

Graad 3 – 7

Rekenaargeletterdheid en entrepreneurskap word saam bemeester.

Elke graad het sy eie tema:

Gr 3 – Beplanning en bestuur van snoepie

Gr 4 – Gaskunstenaar besoek dorp (beplanning)

Gr 5 – Kies jou eie besigheid

*Ontvang ‘n junior entrepreneur diploma na 3 jaar.

Gr 6 – Reël van ‘n sportdag

Gr 7 – Beplanning en samestelling van ‘n besigheidsplan

*Ontvang ‘n senior entrepreneur diploma na 5 jaar.

Gr 00 – 1 klasse word twee keer per week per graad vir ‘n halfuur aangebied, na skool.

Gr 2 – 7 klasse word een keer per week per graad vir ‘n uur aangebied, na skool.

U kind sal ‘n sertifikaat ontvang vir sy/haar deelname aan die einde van die jaar.

 

Laerskool Goedehoop Rekenaarsentrum kontakbesonderhede:

E-pos: ghlsmiddagrekenaarklasse@gmail.comType your paragraph here.