7's RUGBY TOERNOOI

o/12A-span 7's-kampioene!

Laerskool Goedehoop het die naweek van 20 – 21 Oktober 2017 gaan deelneem aan die Witrivier 7’s-Rugby Toernooi. Ons seuns het hul baie goed van hul taak gekwyt. Die O/11 A-span het in die finaal teen L/S Tzaneen gespeel, maar ongelukkig verloor. Die o/12 B-span het 8ste uit 16 spanne geëindig. Die O/12 A-span het in die finaal teen die Mbombela uitnodigingspan ge-speel en gewen. Hulle is dus die o/12-kampioene van die toernooi. Die o/11 A- en o/12 A-spanne het ook die meeste drieë op die toernooi gedruk naamlik 36 drieë elk.

Tyran Moolman, Tian Steyn, Dirk Munnik, Arlo Smith, Nathan Mathee, Hanré Hattingh, Schalk Nortjé, Jean du Toit, Luan Lottering

Rugby

Mpumalanga Rugby

Mnr JD Steyn is gekies as hoofafrigter van die Mpumalanga o/12-rugbyspan en mnr Riaan Myburg as hulpafrigter vir dieselfde span. Mnr Solly Janse van Rensburg is gekies as die sameroeper van die Mpumalanga Laerskole se keurkomitee.

MPUMALANGA WENNERS

Die o/10A-rugbyspan het op Maandag, 19 Junie 2017 as Mpumalanga-wenners uit die stryd getree.  Hulle speel gelykop 5-5 teen L/S Nelspruit.

Voor:  Christiaan Jonker, Jaydon Roberts, Simeon Rudolph, Jeandré Beukes
Middel:  Andrew Steyn, Avon Smith, Zander vd Merwe, Franco de Lange, Alberto Volschenck, Jayden Mansfield, Ryan Lottering
Agter:  Mnr JD Steyn (Afrigter), Janco Roos, Bismarck Jansen, Walt Vorster, Zander Steyn, Eljay van Heerden, Kylé Nagel, Hanlo Hugo, Mnr Abrie van Zyl (Afrigter)

Puma's

Die volgende seuns is gekies vir die Pumaspan in hul onderskeie ouderdomsgroepe.

Voor:  Tyrone Moolman (o/12), Luhan Lottering (o/12), Nathan Matthee (o/12), Tian de la Rey (o/12), Handré Hattingh (o/12)
Agter:  Divan Venter (o/13), Jean Lock (o/13), Ignus Ferreira O/13), Drico Marx (o/13)

PUMA'S 7's

Ruben Gleeson is gekies vir die Puma 7's-span wat gaan deelneem aan die Interprovinsiale Toernooi wat gaan plaasvind vanaf 28 - 30 September by Hoërskool San du Plessis in Bloemfontein. Proewe het plaasgevind op 16 Augustus 2017 te Hoërskool Middelburg.


GOEDEHOOP

(017) 634 7722

goedehoopskool@mweb.co.za   

Secunda Mpumalanga 2302 za