CHIZELLE EN WERNICH VERWERF MPUMALANGA KLEURE!

Wernich en Chizelle Rossouw verwerf beide Mpumalanga kleure in tennis.  Wernich is gekies as die nommer 1 speler vir die Mpumalanga o/11-seunsspan wat in Augustus kragte meet teen die ander provinsies.  Chizelle Rossouw is gekies as die nommer 1 speler vir die Mpumalanga o/13-dogterspan wat ook in Augustus kragte meet teen die ander provinsies.


GERT SIBANDE NAASWENNERS
Aan die einde van die tennisseisoen het Goedehoop se tennisspan as A-Ligawenners uit die stryd getree.  Die liga het bestaan uit Laerskole Kruinpark, Trichardt, Oranjegloed, Leandra, Marietjie van Niekerk, Curro, Goedehoop en Secunda.  Die tennispan was ook Gert Sibande Naaswenners.


GOEDEHOOP

Tennis

(017) 634 7722

goedehoopskool@mweb.co.za   

Secunda Mpumalanga 2302 za

TENNIS SA SKOLE KAMPIOENSKAPPE

Chizelle Rossouw is tydens die finale provinsiale tennisproewe gekies as die nommer 1 speler en kaptein van Mpumalanga se 0/13-dogter tennisspan.  Sy sal die span aanvoer tydens die SA Skole Tenniskampioenskappe in Bloemfontein tydens die Aprilvakansie.  Chizelle het ook gekwalifiseer om aan die Nasionale tenniskampioenskappe deel te neem.  Sy is huidiglik die nommer 14 gekeurde o/12-speler in Suid Afrika, en die top 32 spelers kwalifiseer vir die kampioenskappe.

 Wernich Rossouw, ook van is die nommer 1 gekeurde o/10-speler in Mpumalanga, en het ook gekwalifiseer om aan die Nasionale Tenniskampioenskappe in Bloemfontein deel te neem.